As vandag jou laaste dag hier op aarde sou wees, weet jy sonder énige twyfel, dat jy by God in die hemel sal wees?

Wil jy graag huistoe kom?  As jy nog nooit so iets gedoen het nie, onseker is, of dalk teruggeval het; bepeins dan eers hierdie gebed, en bid dit dan hardop tot God in die geloof:

Hemelse Vader, ek wil huis toe kom.  Maak my asseblief u kind.  Ek het u genade en verlossing baie nodig.  Ek erken en bely my sondes en draai vandag my rug op my ou lewe, wat ek sónder U gelei het.  Vergewe my sonde, en verlos my daarvan.  Here Jesus, ek glo dat U aan die kruis vir my gely en gesterf het, en vir my uit die dood opgestaan het.  Ek maak my hart nóú vir U oop en neem U vandág in die geloof aan as my Verlosser, my Here en my Vriend.  Ek dank U dat u bloed my nóú vryspreek en skoonwas van ál my sonde en dat U my aanneem as u kind.  Ek gee my héle lewe en toekoms aan U.  Dankie dat U my vandag deel maak van u familie.  Ek is nou gered, ek is wedergebôre! Amen (Op 3:20;  Hand 20:21;  Rom 10:9-10;  Joh 1:12;  5:24)

Weet en aanvaar nou met volle geloofsekerheid dat God jou as sy kind aangeneem hét (Joh 1:12), jou sonde vergewe en jou met Hom versoen het, en dat sy Gees dit in jou hart sal bevestig (Rom 8:16; 1 Joh 5:10).  Jy hét nou reeds die ewige lewe!  (1 Joh 5:13.)

Vrede vir jou!!

Vir persoonlike kontak sien hier

Luister/kyk gerus ook na hierdie wonderlike liefdesbrief:

http://www.fathersloveletter.com


 
Make a Free Website with Yola.